Woensdag 10 Junie 2015

ENGELS EN AFRIKAANS ONTMOET EN STEL ‘N TREFFER IN SUID-AFRIKA VRY!

Hy het vir Bon Jovi ge-open tydens hulle 2013 Because We Can wêreld toer in Suid-Afrika en tree gereeld in Amerika en Brittanje op.  Hy het ‘n Wawela Musiek toekenning vir ‘Beste Manlike kunstenaar en liedjieskrywer’ ontvang en was genomineer vir  ‘Beste Klankbaan in ‘n vollengte rolprent of Teater Dokumentêr’.  Net onlangs is sy treffer liedjie, Indestructible, vanaf sy splinternuwe album Apollo, vrygestel en dit kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word.
Hulle het in 2011 vir Westlife ge-open tydens dié groep se toer in Namibië en ook vir  Air Supply gedurende hulle 2014 toer in Suid-Afrika. Hulle wen al sedert 2011 Suid-Afrikaanse Ghoema en Huisgenoot Tempo toekennings en tree gereeld op by die grootste feeste en geleenthede in die land.  Hulle selfgetitelde album het gedurende 2013 goue status bereik en hulle is pas weer benoem vir ‘n Huisgenoot Tempo toekenning vir hulle musiekvideo GOUD vanaf hulle nuutste album, GOUD, wat ook eersdaags na verwagting goue status sal bereik.
Bekroonde sanger / liedjieskrywer, Daniel Baron en die baie populêre pop groep ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant en Reynardt Hugo het kragte saamgesnoer en op die 6de Junie 2015, hulle eerste enkelsnit in Suid-Afrika vrygestel.

Die liedjie, SAY WHAT YOU WANT,  is reeds gedurende Mei 2015 in Holland, België en Luxembourg deur die Europese platemaatskappy, Red Bullet, uitgereik en stel ook eersdaags in die res van Europa vry.  Die enkelsnit is op die 6de Junie 2015 vir die eerste keer eksklusief in Suid-Afrika vrygestel en het binne ure na vrystelling die #13 posissie op die iTunes Kia Top 40 bereik!   Die musiekvideo word op die 8ste Junie 2015  landwyd vrygestel.
Die liedjie is geskryf deur Hugo Ludik en Daniel Baron vir geen spesifieke rede nie – slegs om twee kreatiewe koppe bymekaar te sit en te sien wat word gebore.  Die resultaat is: SAY WHAT YOU WANT.
“Dit was nie ‘n moeilike besluit om die liedjie saam met Daniel Baron te op te neem nie.  Beide Daniel en ons het geïdentifiseer met elke deel van die liedjie – vanaf die lirieke tot by die melodie en die produksie.  Ons het gevoel dat ons musikale sterk punte, gekombineer, die liedjie in ‘n groot treffer kan laat ontpop en dit iets maak waarop ons en Suid-Afrika kan trots wees.  Ons hoop die liedjie sal soveel speeltyd wêreldwyd kry as wat dit verdien.” sê Hugo Ludik – stigerslid van die groep ADAM.
Daniel Baron sê:  “I've known Hugo Ludik for a couple of years now. Before the ADAM group formed, we used to perform together as session musicians in different bands. Very recently we caught up and decided to co-write a song. We sat down for 2 hours and came up with "Say What You Want". It's the perfect collaboration song for both myself and ADAM because it carries elements of both our sounds, and it also crosses over to new genres. It's been incredible to work with ADAM. They are true professionals and true rock stars.”
Sê wat jy wil … maar hierdie enkelsnit is klaar ‘n reuse treffer!
#SayWhatYouWant
Die enkelsnit is ook op iTunes beskikbaar.

Volg ADAM op Facebook:  https://www.facebook.com/adamgroep?fref=ts
Volg ADAM op Twitter:  @adamgroep
Volg Daniel Baron op Facebook:  https://www.facebook.com/DanielBaronOfficial?fref=ts
Volg Daniel Baron op Twitter:  @DanielBaron_

Vrydag 29 Mei 2015

Hollywood in my Huis


Die fliek Hollywood in my Huis stel op 26 Junie in fliek teaters landwyd vry en daar is vanoggend begin met die aflewering van baie spesiale STIKI uitnodigings! 20  Hoërskole se Hoofseuns en Hoofdogters vanoor Gauteng word spesiaal uitgenooi na die fliek se premiere by Killarney Mall op die 22ste Junie.  Dis egter die manier waarop die aflewerings van hierdie spesiale STIKI uitnodigings afgeskop het wat aandag trek!  Die fliek se skrywer en regisseur, Corné van Rooyen se inspirasie was ‘n bekende in die vermaakbedryf, Charlize Theron.  Só geinspireer was hy deur haar, dat hy hierdie wonderlike fliek geskryf het en dit nou, uiteindelik nege jaar later vrystel!  Daarom is bekendes vanuit ons eie bedryf wat ook inspireer genader om die Hoërskool leiers se STIKI uitnodgings persoonlik te gaan aflewer.  Eerste aan die beurt was H/S Noordheuwel in Krugersdorp op 29 Mei.  Vaughan Gardiner, wie se splinternuwe album SIT VANAAND OP HERHAAL, ook nou landswyd vrystel  het persoonlik Werner Tolmay en Judy Millet (Hoofseun en Hoofdogter) se STIKI uitnodigings gaan aflewer.  Groot was die verrassing toe Vaughan Gardiner persoonlik by die skool se saalopening instap met ‘n magdom balonne vasgemaak aan die pakkies waarin die uitnodigings was. 

 

Kyk die fliek se lokprent hier:  https://www.youtube.com/watch?v=qYGEXJHo-Ys

 

Handvatsels en tags:

 

@Himhfilm

@Stikidotcoza

@VaughanGardiner

 

#26Junie2015

#HollywoodInMyHuis

Donderdag 28 Mei 2015

Len Muller

Len Muller - voorheen bekend as die voorsanger van die alternatiewe rock groep DieFoute – het aan die einde van 2011 besluit om ‘n solo loopbaan aan te pak. Hy het Richardsbaai vir Pretoria se liggies verruil en oor ‘n tydperk van drie jaar sy oorspronklike material geskryf. Len se eerste EP Album getiteld, Len Muller, is in 2012 by Wynand Delport produksies opgeneem en dieselfde jaar nog uitgereik.
Die laaste twee jaar skryf en werk Len aan sy debuut album, DOODGEWONE AVONTUUR, wat amptelik op 27 Mei 2015 uitgereik sal word.  Daar wag tien splinternuwe liedjies wat beloof om vars, uitdagend en eie aan Len se skryfstyl te wees. Medeskrywers sluit die befaamde Stef Bos, Retief Burger (Luidkeels), Bouwer Bosch (Straatligkinders & Dans Dans Lisa), asook Jattie de Beer (Vertikaal & Dou Voor Dag) in. Die uniekheid van die nuwe album kan ook toegeskryf word aan die insluiting van verskeie ander kunstenaars (Stef Bos, Joshua na die Reën en Janie Bay) wat saam met Len op van die liedjies sing.
Gedurende Augustus 2014 is een van die liedjies, ‘Smag na Jou’, landswyd aan radiostasies uitgereik en die reaksie was en is stééds oorweldigend.  Die liedjie pryk nog op talle radiostasies se treffer parades en was ook vir verskeie weke op GrootFM se ‘Groot 20’’. 
Die konsep vir die musiekvideo van ‘Smag na Jou’ is geïnspireer deur die behoefte om die boodskap van die lied op die beste manier oor te bring, maar ook om vir Len Muller bekend te stel. Om hierdie begeertes ‘n werklikheid te maak was dit ‘n voorreg om saam met die baie kreatiewe span van Duck Soup Productions (www.ducksproductions.com) te werk.  Jana van Deventer en haar man, Eugene, se sterkpunt is juis konsepontwikkeling en was hulle dus die perfekte vennote vir die vervaardiging van die musiekvideo vir ‘Smag na Jou’. Om Len se talent nog beter ten toon te kan stel was dit ‘n voorreg om saam met Raldo Mattheus (tjello- en basspeler), Fred de Meilon (trom speler) en goeie vriend, Leslie van Wyk (elektriese kitaar), te speel. Die video kan gereeld op kykNET, SABC2, ASTV, Tshwane TV en MK Skole Top 10, gesien word.
‘Smag na Jou’ musiek video:  https://www.youtube.com/watch?v=KSmA5mZCPkA
Een van Len se grootste drome het waar geword toe ‘Smag na Jou’ gekies is om een van die liedjies op die klankbaan van die nuwe Afrikaanse familie-film, STRIKDAS, te wees. Die film word tans landswyd in teaters vertoon en die lied is ook op die klankbaan van die film te koop.
Nie net het ‘n klankbaan-droom van Len waar geword nie, maar ‘n groot eer het hom ook te beurt geval. Len is deur kykNET en Afri-visie genader om ‘n nuwe lied ‘Iets om in te Glo’ (geskryf deur Mynardt Smith) op te neem. Die liedjie het ‘n plek in die Top 10 finaal behaal waartydens Len die liedjie voor ‘n stampvol Grand West Casino opgevoer het.  ‘n Indrukwekkende  musiekvideo is ook van die liedjie gemaak en kan gereeld op kykNET en kykNET Musiek gesien word.  Die lied word op 4 Mei 2015 amptelik aan radiostaties landswyd uitgereik en sal ook op Len se debuut album, DOODGEWONE AVONTUUR, beskikbaar wees:
‘Iets om in te glo’ musiek video:  https://www.youtube.com/watch?v=_moXndGYeCI
“My lirieke is baie persoonlik, diep en eerlik.  Dit kom byna netso uit my persoonlike joernaal.  Ek wil graag hoop in mense se lewens insing en dié bemoedig wat deur swaar tye gaan.  Ek is moeg vir veral Afrikaanse musiek sonder enige emosie.  Ek glo ek het meer om oor te sing as net geld, meisies en goeie tye.  Die mooiste liedjies vir my is die hartseer liedjies; want moeilike tye is ook deel van die lewe waardeur ons almal gaan”. – Len Muller
Len het ook al die verhoog saam met van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars gedeel. Dié kunstenaars sluit in; Jan Blohm, Die Straatligkinders, Dans Dans Lisa, Kaleidoskoop en Joshua na die Reën.

KYK HIER NA ANDER VIDEOS VAN LEN MULLER:
•‘Liefde is Vrygewig’ - https://www.youtube.com/watch?v=O0sA0AfETP8
•’Winter’ - https://www.youtube.com/watch?v=H_-Xm5IA3QI
•‘Nuwe Horison’ - http://www.youtube.com/watch?v=heD-u6EOrdY
Webtuiste: www.lenmuller.co.za
Twitter: www.twitter.com/lenniemuller
Facebook: www.facebook.com/lenmuller1
YouTube: www.youtube.com/lenniemuller
Soundcloud: www.soundcloud.com/lenmuller

Vir optrede besprekings kontak: 
bookings@kanadarecords.co.za | 083 365 9142
Platemaatskappy:  Kanada Records

Dinsdag 19 Mei 2015

HOLLYWOOD IN MY HUIS

Stage 5 Films en Red Letter Day Pictures, in samewerking met Advantage Entertainment en kykNET bring in presies ses weke die bekroonde fliek, Hollywood in my Huis, na gehore landwyd.  Die fliek spog met drie kykNET Silwerskermfees toekenings vir a) Kenners keuse b) Gehoor-gunsteling en c) Gehoor-gunsteling aktrise (Christia Visser) en sal vanaf 26 Junie 2015 in fliekteaters begin draai.
Die tema-lied ALLES GEE, geskryf en opgeneem deur Joshua na die Reën, is vroeg in Mei 2015 aan radiostasies landwyd uitgereik en kan reeds gereeld gehoor word.  Die musiekvideo van hierdie liedjie met beeldmateriaal uit die fliek is ook die afgelope naweek op die kykNET program Jukebox bekendgestel.
Kyk die video hier:  https://www.youtube.com/watch?v=wc8vrgiVQtc
ALLES GEE is geinspireer deur die rolprent Hollywood in my Huis se dialoog.  Nadat die storielyn aan my deurgegee is het ek die liedjie so probeer skryf dat daar ‘n relevansie tot die film sou wees.  Ek was op toer en onthou die aand toe ek buite op die stoepie van die gastehuis gesit het in Hoekwil naby Wildernes.  ‘n Kersie het gebrand en die nag se atmosfeer het my weggevoer… daar is ALLES GEE geskryf! Ek het ‘n rowwe selfoon opname vir Ben Ludik (Vervaardiger van die Hollywood in my Huis klankbaan) gestuur en later daardie week het hy my verras met ‘n boodskap dat die liedjie amper klaar vervaardig is … dit het my asem weggeslaan, want hy het my hart so mooi vasgevang!” – Joshua na die Reën
Hollywood in my Huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n  matriekafskeid in 2004 in Suid-Afrika afspeel.
Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder (Christia Visser) – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon. Toe sy egter op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matrieksafskeid wat voor die deur lê in haar eie Hollywood-rooitapyt oomblik te omskep.
Jana, haar ouers (Nicola Hanekom en Louw Venter) en haar beste vriend, Frikkie (Edwin van der Walt) woon almal aan die verkeerde kant van die spoorlyn. Jana se pa is werkloos en haar ma het haar eie skoonheidsalon wat sy uit ’n karavaan in die voortuin bedryf. Die volwassenes se drome is reeds aan skerwe, maar Jana se drome styg ver bo haar beskeie omstandighede uit.
Ondertussen verbreek Brandon (Vilje Maritz), die skool se tenniskampioen, sy verhouding met Angelique (Leandie du Randt), die skool se gewildste meisie. Jana is in die geheim op Brandon verlief, maar net toe sy genoeg moed bymekaar skraap om vir Brandon na die matriekafskeid te vra, verklaar haar beste vriend en buurseun, Frikkie, sy ware liefde aan haar.
Die matriekafskeid vind oor net meer as ’n maand plaas en met die leiding van haar ouers en Suzy (Elana Afrika-Bredenkamp), haar towertante,  kom Jana voor die moeilike keuse te staan om tussen haar beste vriend en haar droomou te moet kies.
Jana, wat ’n regte muurblommetjie is, droom oor haar matriekafskeid. Sy glo dat as sy vir Brandon aan haar sy het, alle oë op haar en haar rok wat deur Charlize geïnspireer is, sal wees. Haar grootste teenstand kom egter van die skool se gewildste meisie, Angelique.

Hollywood in my Huis gaan oor twee wêrelde – die mense aan die verkeerde kant van die spoorlyn en hulle ryk teenpole – maar dit gaan ook oor die fantasiewêreld waarin Jana leef. Hoewel Hollywood in my Huis ’n lighartige en prettige gesinrolprent is, het die uitdaging van die storie daarin gelê om ’n balans tussen die ligter en donkerder elemente te handhaaf.
Van Rooyen se kinderdae in Silverton, Pretoria, was die inspirasie vir sy rolprent oor ’n jong tienermeisie wat groot drome droom en wat tot besef moet kom dat sy dapper genoeg moet wees om haarself te wees. Corne werk verskeie aspekte van sy persoonlike lewe in Hollywood in my Huis in. “Ek lyk dalk nie baie na Jana nie, maar hierdie storie is eintlik ’n baie persoonlike storie,” het hy laggend opgemerk.
Die kort storie, Lenie, wat die kabaretkunstenaar Nathaniel geskryf het, het Corne diep geraak en besiel om sy eie verhaal te skryf. Lenie handel oor ’n brandarm ma wat haar eie trourok met beetsap kleur sodat haar dogter dit na haar matriekafskeid kan dra. By die afskeid begin die kleur egter loop. “Soos in my rolprente wys dit hoeveel ouers bereid is om vir hulle kinders te doen, maar daar is altyd iets wat afgee.”
Die draaiboek is ’n hele paar keer herskryf en aangepas. Van Rooyen beskryf sy kortfilm as ’n onskuldiger storie en sê dat hy die huidige vollengte weergawe van sy storie op ’n meer volwasse manier benader het. “Ek het altyd geweet dat my eerste rolprent ’n persoonlike verhaal sou wees. Ek put my inspirasie uit die liefde, my familie en om te dagdroom. Wie en wat ’n mens ook al word, dit bly jou familie wat jou voete vas op die aarde hou; by jou familie weet jy wie jy werklik is.”
Die rolprent is hoofsaaklik in Vasco en by die Brackenfell Hoërskool geskiet. Sekere tonele is egter by Fisantekraal, Observatory en in die Kaapstad-omgewing verfilm.
Amptelike lokprent:  https://www.youtube.com/watch?v=qYGEXJHo-Ys
Skrywer & Regisseur:   Corne van Rooyen
Vervaardigers:   Dylan Voogt en Saskia Schiel
UItvoerende Vervaardigers:    Vlokkie Gordon, Jan du Plessis en Karen Meiring
Medeskrywer & Medevervaardiger:  Rene van Rooyen
Hollywood in my huis tref die plaaslike silwerdoek op 26 Junie 2015.  Verspreiding vind plaas deur Indigenous Film Distribution. 

Facebook: https://www.facebook.com/himhfilm

Twitter: @HIMHFilm

Webtuiste: www.hollywoodinmyhuis.co.za

Maandag 23 Maart 2015

Ballade vir ’n Enkeling

BELLADE VIR N ENKELING SKITTER IN TWEEDE PLEK BY LOKET

Na die openingsnaweek van Ballade vir ’n Enkeling spog dié film met ’n tweede plek by die loket. Ster Kinekor Entertainment, die verspreider van die film, is baie gelukkig met ‘n puik openingsnaweek. “Ons glo dat die sukses by die loket sal voortbou gedurende die skoolvakansie, wat om die draai is.  Die terugvoer van die publiek is oorweldigend positief” sê Pieter Geldenhuys, die uitvoerende bemarkingsbestuurder van Ster Kinekor Entertainment.
Die span agter die film is baie dankbaar vir die ondersteuning van Suid-Afrikaners en in besonder vir die meer as 27 500 mense wat die film oor die naweek in teaters gaan kyk het. Dié teatergangers het bygedra tot die openingsnaweek-syfer van R1,358,075.00.
Leon van Nierop se reaksie nadat die openingsnaweek se uitslae aan hom bekendgemaak is, was: “Ek is verheug dat die storie steeds met Suid-Afrikaners praat en dat hulle so ongelooflik positief daarop reageer het. Quentin Krog het Afrikaanse film na 'n nuwe vlak geneem.”
Die vervaardiger Danie Bester voeg by: "Dit is ’n groot eer as die gehoor so positief reageer op ’n rolprent se openingsnaweek, die terugvoer is uitstekend en ek moedig almal aan om Ballade in ’n teater te gaan beleef”.
Die filmspan is uitsonderlik dankbaar teenoor die media en ook die publiek vir die positiwiteit rondom die film. Volgehoue ondersteuning sal ‘n lang teaterlewe moontlik maak en bydra tot die besonderse suksesverhaal van hierdie trots Afrikaanse film.

Vrydag 13 Maart 2015

Pieter Koen - Wat Die Hart Van Vol is


Die sanger, Pieter Koen, se album, Wat Die Hart Van Vol is, is pas vir ‘n SAMA 2015 benoem!  Koen se album is gedurende 2014 vrygestel deur Hit Factory Records en gaan steeds van krag tot krag!  ‘n Nuwe enkelsnit, getiteld, So hard geval, word ook eersdaags aan radiostasies landswyd uitgereik.  
Oor sy SAMA nominasie sê Pieter: “Behalwe dat ek kinderlik opgewonde is, voel ek nederig bevoorreg om genomineer te wees vir die 2015 SAMA’s.  Hetsy ek daardie mooi beeldjie kry of nie, die nominasie voel soos Kersfees in Maart!”
Wat Die Hart Van Vol Is bied nie alleen goeie dansmusiek nie (Tydmasjien, Doenit Net, Die Een Ding Wat Ek Doen en Waar Jy Vanaand), maar ook ’n dieper, weldeurdagte betekenis en gevoeligheid in snitte wat onmiskenbaar die werk is van ’n volwasse musikant en verhoogkunstenaar. “Toe ek saam met welbekende vervaardiger, Murray Lubbe, en bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, begin werk aan hierdie album was daar ’n fundamentele kopskuif wat ek wou vir my nuwe album, verduidelik hy.  Die ander liedjieskrywers sluit Ampie du Preez, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik en Reynardt Hugo in. Musikante Juan (Floors) Oosthuizen, Danny Smoke, Denny Lalouette, Vinnie Henrico, Ricus Nel en Matthys Maree het deel aan die produksie.

Ek is ongelooflik dankbaar vir elke oomblik tot nou toe wanneer die skeppingsproses my plat op die aarde gehou het,” erken Pieter. “Wat Die Hart Van Vol Is is ’n perfekte weerkaatsig van waar ek nou is,” sluit hy af. Hy laat niks aan die noodlot oor nieelke aspek van wat hom suksesvol maak is deeglik oorweeg en geskaaf, en in wese deel van ’n veelsydige, volledige vermaaklikheidspakket. Die eindresultaat is suiwer genot van begin tot einde!

Pieter Koen is ook ‘n veldaanbieder vir Kwêla en aanbieder van Jukebox op kykNET 144 en kykNET Musiek 146 elke Saterdagaand.
Die 21ste SAMA benoemingsgeleentheid vind plaas in April 2015.

Sosiale media:
Twitter:  @Pieter_Koen
Facebook:  https://www.facebook.com/skudjoubiscuit?ref=br_tf

Hollywood in my Huis


“Soms moet jy net aanvaar dat jou familie en almal om jou eintlik jou Hollywood is…”   Met hierdie boodskap maak die fliek, Hollywood in my Huisgereed om eersdaags in teaters landswyd te open.  Die lusmaker lokprent is ook vandag om 12h00 vir die eerste keer vrygestel.

 

https://www.youtube.com/watch?v=4geAihjZfS0&feature=youtu.be

Hierdie romantiese komedie het reeds op 31 Augustus 2014 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai aandag getrek en met drie toekennings weggestap: a) Kenners keuse b) Gehoor-gunsteling en c) Gehoor-gunsteling aktrise (Christia Visser).  

Hollywood in my Huis vertel die storie van ‘n doodgewone matriek meisie, Jana van Tonder (Christia Visser), en haar ouers, Beatrice en Tos van Tonder (Nicola Hanekom en Louw Venter), asook Frikkie (Edwin van der Walt), haar beste vriend en sy ouma, wat aan die verkeerdekant van die spoor woon. Jana se pa is werkloos en haar ma bedryf ‘n skoonheidssalon vanuit ‘n karavaan in die voorplaas. Die volwassenes se drome is verpletter, tog styg Jana se drome vêr bo haar beskeie omstandighede uit.  Dit is 2004 en haar matriekafskeid is om die draai.  Wanneer sy op televisie sien hoe Charlize Theron die Oscar wen besluit sy daar en dan om haar matriekafskeid in haar eie “Hollywood Red Carpet” glansgeleentheid te omskep.  ‘n Besluit wat haar voor moeilike keuses te staan bring en forseer om met die werklikheid van die lewe kennis te maak.  Sy is heimlik verlief op Brandon (Viljé Martiz) - die skool se hartbreker en tenniskampioen – en is vasbeslote om hom te vra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan, selfs al het hy pas met die skool se mees populêrste meisie, Angelique (Leandie du Randt) uitgemaak.  Jana ontsien geen moeite nie en kom nie eens agter dat haar beste vriend, Frikkie sy gevoelens vir haar probeer wys nie…..

Dit het nege jaar geduur voor die regisseur Corne van Rooyen sy kortprent Hollywood in my Huis, wat hy as student aan die rolprentskool AFDA gemaak het, in ‘n vollengte rolprent kon omskep.  Die inspirasie vir die prent oor ‘n jong tienermeisie wat groot drome koester, maar besef dat sy net dapper genoeg moet wees om haarself te wees, dan sal sy haar pad in die lewe vind, put van Rooyen uit sy eie kinderjare in Silverton, Pretoria. Hy sê baie van die gegewe en die karakters is op daardie jare geskoei. Aspekte van sy familie en vriende is te vind in Hollywood in my Huis, “Dit is eintlik ‘n hoogs persoonlike verhaal”.

Die rolbesetting het byna twee en ‘n halwe jaar geduur. Van Rooyen het van die begin af geweet die akteurs gaan die finale deurslag aan die sukses van die storie gee.  Oor Christia Visser wat ook tans te sien is in Ballade vir ‘n Enkeling as Lena Aucamp Jr. sê hy: “Ek het geweet ek gaan nie maklik ‘n beter Jana as sy kry nie, sy werk vanuit haar onderbewuste sy gee nie voor nie, daar is n eerlikheid en varsheid aan haar vertolking.”  Dit het net solank geneem om die ongekunstelde Frikkie te vind. Van Rooyen het oral gesoek by universiteite, skole, agentskappe en selfs op Facebook mense deurgekyk. Toe sien hy vir Edwin van der Walt (ook nou te sien in Ballade vir ‘n Enkeling as Jacques Rynhard Jr.) in ‘n kortfilm raak. Hy het hom tenoor Christia laat speel in ‘n oudisie. “Elke oomblik was hy eg asof hy die rol sonder moeite speel” vertel Van Rooyen opgewonde.

Ander sterre wat ook in die fliek te sien is sluit in Elana Afrika-Bredenkamp, Lida Botha en Marga van Rooy. 

Die prent is hoofsaaklik in Vasco en aan die Hoërskool Brackenfell geskiet. Tonele is ook in Fisantekraal, Observatory en in Kaapstad verfilm.

Hollywood in my huis tref die plaaslike silwerdoek op 26 Junie 2015.  Verspreiding vind plaas deur Indigenous Film Distribution. 

Facebook: https://www.facebook.com/himhfilm

Twitter: @HIMHFilm

Webtuiste: www.hollywoodinmyhuis.co.za

Publisiteit & Bemarking
Starburst Promosies

Vrydag 27 Februarie 2015

Leading Lady update

Following the announcement of the South African Film & Television Awards 2015  (SAFTAs) nominee list, Dark Matter Studios is very proud to announce that 2014 feature film ‘Leading Lady’ has been nominated in the following three categories:

 

Best Achievement in Original Score - Benjamin Willem
Best Achievement in Sound - Jim Petrak
Best Supporting Actress - Mary Twala (as Sarah)

 

This superb news is greatly welcomed by cast and crew of Leading Lady, and all involved in the outstanding film.

“We are all very proud” said Producers Llewelynn Greeff & Henk Pretorius.

In international news, Henk Pretorius, director of Leading Lady, is currently attending the Sedona International Film Festival in Arizona as Leading Lady has been selected as one of the international films to be screened. This is Leading Lady’s second American film festival, having attended the Seattle International Film Festival in 2014 prior to theatrical release of the movie, which bodes very well for the film and the exposure being gained in internationally.

 

Prior news for Leading Lady:

 

February 2015

 

South African director/producer team, Henk Pretorius and Llewelynn Greeff, bring Hollywood home in Leading Lady – a cross-continental love story where ”fame meets farm” and life means more than just Hollywood’s “lights, camera, action…!”

 

Leading Lady was released nationwide on the local cinema circuit at the end of November 2014 and earned R8 million at the box office. And now, you can enjoy Leading Lady from the comfort of your own home. The DVD is being released on the 14th of February 2015 – an absolute, must-own DVD to add to your collection! Local talents, Brümilda van Rensburg and Bok van Blerk, rub shoulders with international Irish actress, Katie McGrath (Jurassic World, Dracula) and Gil Bellows (Ally McBeal, Shawshank Redemption) in this love story about a British drama-school teacher and aspiring actress, Jodi Rutherford (McGrath), who persuades South African farmer, Kobus Willemse (Van Blerk) from Brandfort in

the Free State to prepare her for a role in a major film as an Afrikaans war heroine. In return, Jodi undertakes to organise and direct the annual concert on the Willemse farm.  It has been an exciting, whirlwind journey for the Leading Lady team. 

 

On top of a successful run on home ground, there have been many memorable moments that are worth mentioning.

 

Leading Lady received wide acclaim at the film’s world première at the Seattle International Film Festival in June 2014. And proudly flying the South African flag there were Pretorius and Greeff, alongside Matthew Mole, whose music is featured in the film and who was invited to perform at the festival.

 

The build-up in the weeks before the official release was filled with excitement, especially during the visit by veteran Hollywood actor, Gil Bellows (who plays the role of Daniel Taylor), to assist in promoting the film.

 

Three weeks before the release, Pretorius and Greeff received word that the film had secured a summer 2015 release in the USA, which is a feat not so easily achievable all the way from South Africa.

 

The single, Soutwater, sung by Bok van Blerk, also reached #1 on the Jacaranda FM charts.

 

The DVD is distributed by SterKinekor Entertainment and will be available at leading retailers nationwide.

 

“Leading Lady is an infectiously charming tale that, in exploring the cultural clashes of two nationalities, provides oodles of hilarious moments amid dramatic undertones. It’s not trying to be anything more than an unfussy, relatable and entertaining distraction” – Debashine Thangevelo, The Star

 

“Ultimately, solid performances, steady direction, artful cinematography and a typical, yet-not-so-typical ‘romcom’ script drive an enjoyable and satisfying film”

– Spling

 

“‘Leading Lady’ se goedige vermaak wys dat Suid-Afrikaanse talent nie hoef terug te staan nie….. Die kunsregie, die fotografie wat die Vrystaat so mooi komplementeer, en die gladde redigeringstempo sal sorg dat gehore met ʼn glimlag uitstap”

– Leon van Nierop, Rapport

 

Leading Lady Details

Website: www.leadingladymovie.com

Facebook: https://www.facebook.com/filmleadinglady  

Twitter: @filmleadinglady

AMERICA’S GOT TALENT A&R IN SOUTH AFRICA!

AMERICA’S GOT TALENT A&R IN SOUTH AFRICA!

 

Nate Butler is the current A&R for The X Factor (U.S. season 3) and America's Got Talent. In addition to this, he is an established songwriter, music producer, vocal producer, and recording artist. He is based in Atlanta, Georgia and he has been actively involved in the producing and writing of over 45 million records, which have been sold worldwide. In March 2015 Nate and his team will be traveling to South Africa in order to record the first track on his new album with South African artist, Anais. The track is titled Dance Like David.

 

Anais and Nate Butler originally performed Dance Like David at the International Talent Showcase at Monte Casino, which took place on the 17th and 18th of October 2014. The track was well-received and the show was a huge success. It was featured on television, in magazines, and on online newsstands across South Africa. Nate has wanted to record Dance Like David for quite some time now, but he had made no effort to do so as he had not found the right person yet. This was until he shared the stage at Monte Casino with Anais. It is an honour that Nate has chosen a South African Artist to record with, considering that he is the A&R for America’s Got Talent and an established artist in the United Sates. This collaboration is to be a turning point for the South African entertainment industry and it is to make international news.

 

This collaboration, in association with Just You and Be Your Dream, is to be the first of its kind in South Africa. The track will be recorded in March 2015 in South Africa. By recording Dance Like David together, Anais and Nate will aim to merge American and South African talent in order to produce a track that is of a world class quality. This collaboration will take the South African music industry to a new level and assist in forming bonds and solid relationships across borders.

 

Nate will also be offering a workshop on Tuesday the 3rd of March for Tsogo Sun’s Arts Academy. The Tsogo Sun Arts Academy aims to develop the artistic talents of learners who come from underprivileged backgrounds. The program aims to provide these learners with essential life skills that they can develop and evolve into a sustainable career. The program makes use of the Teatro at Monte Casino and the Gold Reef City Lyric Theatre in order to showcase and develop the talent of these young individuals. Nate’s workshop will form a part of Tsogo Sun’s Corporate Social Investment Programme. Although the workshop is intended for the Arts Academy, it is free and open to anyone who wishes to attend. During the workshop Nate and Anais will share valuable advice on how to succeed in the entertainment industry at an international level. By using their extensive experience as a platform, Nate and Anais will advise young performers on methods and procedures to follow if they wish to embark on the road towards success.  The workshop will be held at Silverstar Casino and will start at 15h00.  Registration upon arrival.

 

As LifeLine’s National Ambassador, this project and collaboration with Nate is important to Anais. Not only will it merge the South African entertainment industry with that of the states, but it will also provide fellow South African performers with valuable information on how to succeed at an international level, thereby assisting them in achieving their dreams.

 


Dinsdag 24 Februarie 2015

Musiekvideo Joshua na die Reën


Musiekvideo
Joshua na die Reën
VOSHAARNOOI.  
Soos jy weet is dit uit Ballade vir ‘n Enkeling wat op 20 Maart in teaters landswyd begin draai.  
@Balladefilm op Twitter 
#MoenieDinkNieDoenNet 


Hiermee ‘n kort paragraaf deur Joshua na die Reën:

“Toe Ballade vir ‘n Enkeling destyds op televisie vertoon is, was ek nog 'n kleuter, maar die belangstelling in die reeks van ons ouers se kant  af het oorgespoel na ons toe.  Ek onthou vaagweg waaroor die storie gegaan het, maar wat ek soos gister onthou is die tydlose musiek wat die reeks uniek gemaak het. Dit is 'n voorreg en eer dat die span agter Ballade vir ‘n Enkeling  my hierdie geleentheid gegee het om Voshaarnooi te kan sing.  Ek sien veral uit na die optredes by die premiers van die film op 9 Maart in Johannesburg en 16 Maart in die Kaap.”  - Joshua na die Reën

Maandag 23 Februarie 2015

JONATHAN ROXMOUTH: STAGE BY STAGE

JONATHAN ROXMOUTH:
STAGE BY STAGE
6 PERFORMANCES ONLY! 

Following his sold out performance at the Boksburg Barnyard Theatre, Jonathan Roxmouth is finally bringing his concert of Songs From the Musicals to The Live Arts Little Theatre Theatre in 2015! 

After starring turns in BEAUTY AND THE BEASTCATSGREASEJESUS CHRIST SUPERSTARTHE PHANTOM OF THE OPERA and most recently, SUNSET BOULEVARD, Jonathan has selected songs from shows he has done, shows he would like to do as well as shows they will never let him be in. Seriously.

Armed with nothing but accompanist Neil Bennett and a spotlight, he will perform the music and lyrics of some of Broadway’s greatest writers with some hidden surprises and highlights from his career so far…

Songs will include MUSIC OF THE NIGHT | BRING HIM HOME | BEING ALIVE | UNUSUAL WAY | IF I LOVED YOU | LUCK, BE A LADY | SOMETHING’S COMING | ‘TIL I HEAR YOU SING | THIS IS THE MOMENT

PERFORMANCE SCHEDULE

THURSDAY 5 March 2015 @ 20H00
FRIDAY 6 March 2015 @ 20h00
SATURDAY 6 March 2015 @ 16H00 
SATURDAY 6 March 2015 @ 20H00 
SUNDAY 7 March 2015 @ 15H00
SUNDAY 7 March 2015 @ 18H00  

"The first show of its kind that keeps children and adults equally entertained" - Roland Stansell, The Rhumbelow Review

“If we can’t see every Broadway and West End Musical on stage in South Africa, at least we have Jonathan Roxmouth, who gives us a magical glimpse into those glorious productions…and does them very proud!” – Billy Suter, The Mercury

Bookings

 liveartstheatre@gmail.com
LIVE ARTS LITTLE THEATRE : The Terminal Life & Style Centre, Corner Dr. Vosloo and Trichardt Road, Bartlett, Boksburg 1459.

Dinsdag 10 Februarie 2015

SOUTH AFRICAN RECORDING ARTIST WOUTER KELLERMAN WINS GRAMMY® AWARD



Issued By Next Music





SOUTH AFRICAN RECORDING ARTIST WOUTER KELLERMAN WINS GRAMMY® AWARD


Globe-trotting South African flautist and composer Wouter Kellerman has won a Grammy® Award in the category ‘Best New Age Album” for ‘Winds Of Samsara, a collaboration with composer and music producer Ricky Kej.


Kellerman joins a list of great Grammy® award-winning South African artists including Miriam Makeba and Ladysmith Black Mambazo.


Kellerman has proved to be one of South Africa’s foremost musicians since launching his debut album ‘Colour’ in 2008. In 2010 he performed at the FIFA World Cup Closing Ceremony to a global television audience of 700-million people, and in 2011 he won the South African equivalent of the Grammy (the SAMA or South African Music Award) for his album ‘Two Voices’.




                                                                                                            ‘Winds Of Samsara’ was also nominated for two HMMA (Hollywood In Media Awards) in the World Music and New Age categories, debuted at Number 1 on the US New Age Billboard charts (spending 11 weeks in the Top 10) and topped the Radio Airplay Charts in the month of July 2014.


Wouter Kellerman on his Grammy® Award: “Wow, this is a life-long dream come true – I’m so excited! :) We wrote the music for Nelson Mandela and Mahatma Gandhi and their ideals of love, peace and tolerance, and we were hoping that it would bridge barriers and speak to people across the ocean. This is a sign that we're on the right track, and I’m looking forward to much more…”

VAUGHAN GARDINER

MEDIAVRYSTELLING
VAUGHAN GARDINER REIK NUWE ENKELSNIT UIT!
9 FEBRUARIE 2015
SIT VANAAND OP HERHAAL



Met treffer liedjies soos “Gooi jou arms om my”, “Vir Jou” en “Hoe wys ‘n man sy hart” het Vaughan Gardiner homself reeds lankal as gevestigde musikant, liedjieskrywer, sanger, akteur en vervaardiger bewys.
Dit is met groot opgewondenheid dat die tweede enkelsnit, Sit vanaand op herhaal, vanaf sy splinternuwe album wat gedurende April 2015 uitgereik sal word nou uitgereik word.  Aanghangers wag al lank vir nog ‘n Vaughan Gardiner treffer en hy gaan beslis niemand teleurstel nie!
Die liedjie vertel die storie van daardie een perfekte aand wat ‘n mens eenmaal in ‘n leeftyd beleef. Met sy voete-jeuk ritme wat perfek is vir die dansbaan, vertel die enkelsnit van ‘n aand waar ‘n man sy hart verloor op ‘n meisie wie skielik elke liefdeslied se woorde laat sin maak, en al wat hy wens is dat hierdie aand, wat soos ‘n fliek verloop het, net herhaal moet word.
Vaughan is in 1987 in Johannesburg gebore, maar bring die meeste van sy kinderjare in die Kaap deur.  Sy liefde vir musiek het op 'n jong ouderdom ontluik en hom aangespoor om elektriese- en akoestiese kitaar en klavier te leer speel.  Op 16-jarige ouderdom slaan Vaughan sy eerste teaterrol los in Oedipus the Tyrant.  In dieselfde jaar sien Mozi Records hom raak en ses jaar later, nadat hy 'n B.Rek-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, begin hy saam met Sean Else en Johan Vorster werk aan sy eerste album.  In 2009 word sy debuutalbum Wie Ek Is, vrygestel.




Hy begin ook vir ander kunstenaars (onder andere Izak Davel, Riaan Grobler, Bok van Blerk, Liani May, Jannie Moolman, Kayla, David Fourie) musiek vervaardig, liedjies skryf en kitaar speel.  Vaughan word in 2009 vir 'n Huisgenoot Tempo- en Vonk-toekenning genomineer, hy word gekies as een van Vaal Hit Radio Station se top tien kunstenaars van 2009 en die liedjie Ver van Jou behaal die 6de plek op Radio Rippel se treffersparade.  In 2010 ontvang hy die MK Toekenning vir Beste Solo Kunstenaar - 'n toekenning waarvoor hy weer in 2011 genomineer word.  In 2010 slaag hy 'n oudisie vir die hoofrol in die musiekblyspel Jock of the Bushveld.  Vir sy vertolking van Jock ontvang hy 'n Naledi Theatre Award-nominasie. In 2011 speel Vaughan ‘n hoofrol in Deon Opperman se musiekblyspel “Tree Aan!: Die Grensoorlog musiekblyspel”.  In November 2011 vertolk Vaughan 'n hoofrol in die musiekfliek, Platteland waarvoor hy ook die temalied, gesing deur Steve Hofmyer en Bok van Blerk, geskryf het.  Vaughan was ook in kykNET se dramareeks Hartland te sien as Gerhard Naude. In 2012 is Vaughan te sien in die musiekblyspel Lied van my hart, hy komponeer ook die temalied vir hierdie musiekblyspel. In dieselfde jaar maak Vaughan sy verskyning in die treffer kykNet reeks Getroud met Rugby.
Vaughan spog ook as liedjieskrywer met liedere vir o.a Steve Hofmyer, Bok van Blerk, Lianie May, Karlien van Jaarsveld, Nicholis Louw, Kurt Darren, Elizma Theron, Nàdine, Kayla,
Andriette Norman, David Fourie, Izak Davel, Riaan Grobler, Dirk van der Westhuizen, Karen Ferreira en Willem Botha. In 2013 is Vaughan die musiek vervaardiger en musiek regisseur vir die tienerreeks Liefste Kayla. Ook in 2013, vertolk hy die rol van Koos Kombuis in die die teaterstuk, Kytie – ‘n Koos Kombuis Storie. Sy 2de solo album Hoe wys ‘n man sy hart is in September 2012 vrygestel.
 Sy nuutste album sal in April 2015 uitgereik word en sluit in treffers soos “Jou hart klop in my ritme”, “Sit vanaand op herhaal” en ‘n paar heerlike verrassings.
Vaughan het ook onlangs sy nagraads in intellektuele goedere reg aan die Universiteit van Stellenbosch met Cum Laude voltooi. Hy bly tans in Johannesburg waar hy ook deel is van die Muse Productions span saam met Hugo Ludik van die groep ADAM.
Sosiale platforms:
Facebook: https://www.facebook.com/pages/Vaughan-Gardiner/199116786771654
Twitter: @VaughanGardiner
Webtuiste: www.vaughangardiner.co.za

Publisiteit & Bemarking
Starburst Promosies

Maandag 02 Februarie 2015

MEDIAVRYSTELLING

29 JANUARIE 2015

BEKENDES LAAT BALLADE VIR ‘N ENKELING-TREFFERS HERLEEF

Vanaf 20 Maart 2015 kan Suid-Afrikaners weer die nostalgie agter Ballade vir ’n Enkeling herleef nes in die jare tagtig - dié keer op die grootskerm met ’n nuwe en vars benadering tot hierdie legendariese storie.
Bekende Suid-Afrikaanse akteurs soos Donnalee Roberts, Rolanda Marais, Armand Aucamp en Jacques Bessenger, asook nuwelinge Christia Visser, Edwin van Jaarsveld, Luan Jacobs, Miles Petzer en ander het saam met The Film Factory se gesoute filmspan ‘n nuwe baadjie vir die ikoniese TV-reeks aangetrek.  
Hierdie treffer-reeks, wat in 1987 kykrekords laat spat het, se storie word nou weer vertel – dié slag onder leiding van die knap jong regisseur, Quentin Krog.
Krog was reeds betrokke by baie van Suid-Afrika se voorste film-, televisie- en teater-projekte. Sy onlangse optredes as rolprentakteur sluit in Blitzpatrollie, asook kykNET se dramareekse Donkerland, Vloeksteen en Boland Moorde, asook Swartwater (SABC) en die kykNET-kortfilm Buurtwag. Sy mees onlangse reeks as regisseur was die TV-reeks Sterlopers.
Ballade vir ‘n Enkeling word ook onthou vir die treffertemas Voshaarnooi, geskryf deur Louis van Rensburg en Ballade vir ‘n Enkeling, geskryf deur Richard van der Westhuizen.  Louis en Richard het ook saam gewerk aan die klankbaan vir hierdie reeks wat goue status bereik het.

Nou, in 2015,word hierdie treffers in ‘n nuwe gedaante aangebied deur Joshua na die Reën en Die Heuwels Fantasties.  Joshua na die Reën, met sy vars en unieke klank, is verantwoordelik vir ‘n nuwe weergawe vanVoshaarnooi;terwyl Die Heuwels Fantasties hul eie klank aan Ballade vir ‘n Enkeling gee.Voshaarnooi se enkelsnit tref radiostasies op 29 Januarie 2015 en sal gevolg word deur die uitreiking van die musiekvideo eksklusief op Jukebox kykNET 146 op 21 Februarie 2015.  Ballade vir ‘n Enkeling se enkelsnit word ook gedurende Februarie 2015 uitgereik met die opvolg-video wat vroeg in Maart gewys sal word.

“Toe Ballade vir ‘n Enkeling destyds op televisie vertoon is, was ek nog 'n kleuter, maar die belangstelling in die reeks van ons ouers se kant  af het oorgespoel na ons toe.  Ek onthou vaagweg waaroor die storie gegaan het, maar wat ek soos gister onthou is die tydlose musiek wat die reeks uniek gemaak het. Dit is 'n voorreg en eer dat die span agter Ballade vir ‘n Enkeling  my hierdie geleentheid gegee het om Voshaarnooi te kan sing.”  Joshua na die Reȅn
“Ballade vir ‘n Enkeling is ‘n classic!  Dis ‘n song wat ons almal ken.  Dis ‘n eer om die kans te kry om so iets aan te pak.  Ek wonder wat Richard gaan sê…” – Hunter Kennedy – Die Heuwels Fantasties
Ballade vir ’n Enkeling is ‘n romantiese speurverhaal en sal die nostalgie uit die tagtigerjare weer opnuut laat opvlam, maar gaan dié keer ook ‘n nuwe geslag betrek. Die geheimsinnigheid, gekoppel aan die liefdesverhaal, sal elkeen wat daarna kyk van voor af betower. Niemand sal onaangeraak hier uitstap nie.
Die storie en die draaiboek is geskryf deur Leon van Nierop en is vervaardig deur Danie Bester van The Film Factory met die bekroonde kinematograaf Tom Marais agter die kamera.
Die roman, wat ook deur Leon van Nierop geskryf is en deur Tafelberg Uitgewers uitgegee is, is reeds vanaf Augustus 2014 op die rakke.
Ballade vir ‘n Enkeling word plaaslik op 20 Maart 2015 op die groot skerm uitgereik.  Ster Kinekor Entertainment is die verspreiders.

Publieke skakels:
Webwerf: www.balladefilm.co.za
Facebook: www.facebook.com/BalladefilmTwitter: @Balladefilm
#MoenieDinkNiedoenNet

Lokprent skakel:
https://www.youtube.com/watch?v=j2uM0InbwFA&list=UUf-srw7HOXt4Gv05cuSJIug