Vrydag 29 Mei 2015

Hollywood in my Huis


Die fliek Hollywood in my Huis stel op 26 Junie in fliek teaters landwyd vry en daar is vanoggend begin met die aflewering van baie spesiale STIKI uitnodigings! 20  Hoërskole se Hoofseuns en Hoofdogters vanoor Gauteng word spesiaal uitgenooi na die fliek se premiere by Killarney Mall op die 22ste Junie.  Dis egter die manier waarop die aflewerings van hierdie spesiale STIKI uitnodigings afgeskop het wat aandag trek!  Die fliek se skrywer en regisseur, Corné van Rooyen se inspirasie was ‘n bekende in die vermaakbedryf, Charlize Theron.  Só geinspireer was hy deur haar, dat hy hierdie wonderlike fliek geskryf het en dit nou, uiteindelik nege jaar later vrystel!  Daarom is bekendes vanuit ons eie bedryf wat ook inspireer genader om die Hoërskool leiers se STIKI uitnodgings persoonlik te gaan aflewer.  Eerste aan die beurt was H/S Noordheuwel in Krugersdorp op 29 Mei.  Vaughan Gardiner, wie se splinternuwe album SIT VANAAND OP HERHAAL, ook nou landswyd vrystel  het persoonlik Werner Tolmay en Judy Millet (Hoofseun en Hoofdogter) se STIKI uitnodigings gaan aflewer.  Groot was die verrassing toe Vaughan Gardiner persoonlik by die skool se saalopening instap met ‘n magdom balonne vasgemaak aan die pakkies waarin die uitnodigings was. 

 

Kyk die fliek se lokprent hier:  https://www.youtube.com/watch?v=qYGEXJHo-Ys

 

Handvatsels en tags:

 

@Himhfilm

@Stikidotcoza

@VaughanGardiner

 

#26Junie2015

#HollywoodInMyHuis

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking