Hy het vir Bon Jovi ge-open tydens hulle 2013 Because We Can wêreld toer in Suid-Afrika en tree gereeld in Amerika en Brittanje op. Hy het ‘n Wawela Musiek toekenning vir ‘Beste Manlike kunstenaar en liedjieskrywer’ ontvang en was genomineer vir ‘Beste Klankbaan in ‘n vollengte rolprent of Teater Dokumentêr’. Net onlangs is sy treffer liedjie, Indestructible, vanaf sy splinternuwe album Apollo, vrygestel en dit kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word.
Hulle het in 2011 vir Westlife ge-open tydens dié groep se toer in Namibië en ook vir Air Supply gedurende hulle 2014 toer in Suid-Afrika. Hulle wen al sedert 2011 Suid-Afrikaanse Ghoema en Huisgenoot Tempo toekennings en tree gereeld op by die grootste feeste en geleenthede in die land. Hulle selfgetitelde album het gedurende 2013 goue status bereik en hulle is pas weer benoem vir ‘n Huisgenoot Tempo toekenning vir hulle musiekvideo GOUD vanaf hulle nuutste album, GOUD, wat ook eersdaags na verwagting goue status sal bereik.
Bekroonde sanger / liedjieskrywer, Daniel Baron en die baie populêre pop groep ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant en Reynardt Hugo het kragte saamgesnoer en op die 6de Junie 2015, hulle eerste enkelsnit in Suid-Afrika vrygestel.
Die liedjie, SAY WHAT YOU WANT, is reeds gedurende Mei 2015 in Holland, België en Luxembourg deur die Europese platemaatskappy, Red Bullet, uitgereik en stel ook eersdaags in die res van Europa vry. Die enkelsnit is op die 6de Junie 2015 vir die eerste keer eksklusief in Suid-Afrika vrygestel en het binne ure na vrystelling die #13 posissie op die iTunes Kia Top 40 bereik! Die musiekvideo word op die 8ste Junie 2015 landwyd vrygestel.
Die liedjie is geskryf deur Hugo Ludik en Daniel Baron vir geen spesifieke rede nie – slegs om twee kreatiewe koppe bymekaar te sit en te sien wat word gebore. Die resultaat is: SAY WHAT YOU WANT.
“Dit was nie ‘n moeilike besluit om die liedjie saam met Daniel Baron te op te neem nie. Beide Daniel en ons het geïdentifiseer met elke deel van die liedjie – vanaf die lirieke tot by die melodie en die produksie. Ons het gevoel dat ons musikale sterk punte, gekombineer, die liedjie in ‘n groot treffer kan laat ontpop en dit iets maak waarop ons en Suid-Afrika kan trots wees. Ons hoop die liedjie sal soveel speeltyd wêreldwyd kry as wat dit verdien.” sê Hugo Ludik – stigerslid van die groep ADAM.
Daniel Baron sê: “I've known Hugo Ludik for a couple of years now. Before the ADAM group formed, we used to perform together as session musicians in different bands. Very recently we caught up and decided to co-write a song. We sat down for 2 hours and came up with "Say What You Want". It's the perfect collaboration song for both myself and ADAM because it carries elements of both our sounds, and it also crosses over to new genres. It's been incredible to work with ADAM. They are true professionals and true rock stars.”
Sê wat jy wil … maar hierdie enkelsnit is klaar ‘n reuse treffer!
#SayWhatYouWant
Die enkelsnit is ook op iTunes beskikbaar.
Volg ADAM op Facebook: https://www.facebook.com/adamgroep?fref=ts
Volg ADAM op Twitter: @adamgroep
Volg Daniel Baron op Facebook: https://www.facebook.com/DanielBaronOfficial?fref=ts
Volg Daniel Baron op Twitter: @DanielBaron_
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking