Woensdag 08 Oktober 2014

Rondomskrik (Afr.) (OB o/13)

Rondomskrik (Afr.) (OB o/13)

Antjie Fortuin, ’n tienermeisie met sakke vol potensiaal, ontmoet vir Jasmien Jacobs, ’n skoolonderwyseres wat sien dat Antjie sal blom met ’n bietjie aandag – ten spyte van haar aanneemma, haar regte ma wat in die tronk is en die maalkolk van dwelms en geweld wat deel van haar omgewing is. Maar Antjie wil vlieg. Dan kom dáárdie Vrydagaand. En alles verander. #UitkykAntie. Met Shaleen Surtie-Richards, Lee-Ann van Rooi, Crystal Donna Roberts en Richard September.

Teks: Rachelle Greeff.
Regie: Hennie van Greunen. ’n Produksie van Wordsmith’s Theatre Factory en die Absa KKNK, ondersteun deur die L.W. Hiemstra Trust.

kykNET Gimmies – 90 min. – R120.
7 Okt. – 12:30,
8 Okt. – 16:30,
9 Okt. – 16:30,
10 Okt. – 20:00,
11 Okt. – 09:00

Dinsdag 30 September 2014

Kuier saam Tiaan en Kayla by Clover Aardklop

Die Feesterrein is die hartklop van Clover Aardklop   Die grootste name in Afrikaanse musiek én ‘n internasionale ster. Nie minder nie as vier verhoë. Uittreksels uit drama's en komedies. Kindervermaak uit die boonste rakke. ‘n Kunsmark en genoeg om te eet en te drink. Laatnagpartye vir die bittereinders. Dít is alles wat jy vanjaar by die feesterrein by Clover Aardklop kan verwag.   "Ons het na ons getroue feesgangers geluister en besluit om vanjaar die feesterrein nóg beter te maak," sê Andries Vrey, uitvoerende hoof van Clover Aardklop. "Nie net is daar meer vermaak nie, maar daar is ook ‘n spesiale area wat fokus op kindervermaak. Ons gee ook vir feesgangers die geleentheid om later in die aand partytjie te hou in ‘n veilige omgewing. Die terrein gaan beslis vanjaar die hartklop van die fees wees."   Die kykNETmusiek-verhoog is die verhoog waar die groot konserte saans gehou gaan word. Van die groot name wat hier gaan optree sluit in Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Jannie Moolman, Corlea Botha en Snotkop. Op Donderdag 9 Oktober is dit die beurt van Albert Hammond, internasionale superster met treffers soos "The Peacemaker", "It Never Rains in Southern California" en "The Free Electric Band" op sy kerfstok.   Vir feesgangers wat hou van voorkeurbehandeling, is daar Goue Sirkel-kaartjies vir die kykNETmusiek-verhoog beskikbaar. Met hierdie toegangskaartjie het jy toegang tot die terrein van 9:00 soggens en jou stoel sal vir jou voor die verhoog wag wanneer jy in die aand die konsert bywoon. Feesgangers wat nie toegang tot die goue sirkel het nie, moet hul eie stoele saambring of daar is stoele teen R5,00 elk te huur.   Vermaak op die FNB-verhoog begin om 10:00 met sangers soos David Fourie, Freddie Nest, Ghapi, Pieter Smit, Die Jaloersbokkies en Armandt Hofmeyr wat optree. Die verhoog sluit om 17:00, maar ná die aandkonserte gaan die partytjie aan met kunstenaars soos Die Campbells en IMJ.  Vrydagaand is daar ‘n partytjie vir die jongeres van gees met Jack Parow, Bittereinder en DJ Naaldekoker.   Die OFM-verhoog is ‘n verhoog met ‘n verskil. Hier word musiek deur opkomende sangers gemeng met praatjies oor produksies wat op die feesprogram te sien is: Rocco de Villiers vertel hoekom hy deesdae ‘n country boy is, Sandra Prinsloo en Marius Weyers gesels oor ‘vir ewig en altyd', Shaleen Surtie-Richards gesels oor uitkyk-anties om maar net ‘n paar te noem.   Die Kinderverhoog is waar die jongspan al hul helde in lewende lywe kan sien. Tjiff & Tjaff, Lollos, Oom Karoolus en Lente, Greta Pers en Nedine Blom sal van Dinsdag tot Saterdag sorg dat daar genoeg kindervermaak is en op Vrydag en Saterdag is Ronald McDonald daar met sy program vol truuks en toertjies. Daar is ook weer vanjaar ‘n speelpark met mallemeules en ander pret-apparate waar kinders van vroegoggend tot laataand kan speel.   Die feesterrein het vanjaar 350 stalletjies as deel van die feesmark. Dit is van soggens 9:00 tot saans 21:00 oop. Daar is ook 30 kosstalletjies wat sal oopbly tot die laaste note op die verhoë gespeel is. Daar is meer as genoeg sitplek in die koelte waar feesgangers hul voete kan rus, iets kan eet en drink en na musiek kan luister.   Toegang vir Dinsdag 7 Oktober is R90,00 vir volwassenes en R50,00 vir skoolgaande kinders en die Goue Sirkel-kaartjies is R150,00. Woensdag 8 Oktober is die toegang R80,00 vir volwassenes en R40,00 vir skoolgaande kinders en die Goue Sirkel-kaartjies is R150,00. Donderdag 9 Oktober is toegang vir volwassenes R110,00 en R60,00 vir skoolgaande kinders. Goue Sirkel-kaartjies is R250,00. Vrydag 10 Oktober is toegang R120,00 vir volwassenes, R70,00 vir skoolgaande kinders en Goue Sirkel-kaartjies is R200. Saterdag 11 Oktober is volwassenes se toegang R120,00, skoolgaande kinders is R70,00 en Goue Sirkel-kaartjies is R150,00. Vrydagaand is daar toegangkaartjies van 21:00 teen R50,00 beskikbaar vir dié wat die partytjie by die FNB-verhoog wil bywoon.   Daar is ook ‘n weekkaartjie  beskikbaar teen die winskoop-prys van R300,00. Dié kaartjie gee jou daaglikse toegang tot die terrein van 9:00 tot sluitingstyd en sluit toegang tot die Kinderverhoog, die OFM-verhoog, die FNB-verhoog asook elke aand se konsert op die kykNETmusiek-verhoog in.

ARMANDT – JOU NET LIEFHê MUSIEKVIDEO VRYSTELLING

Link vir video - http://youtu.be/TY4XtO3T4VA

Die skiet van die musiekvideo vir “Jou Net Liefhê” het oor 2 dae gestrek en al die verskillende tonele in die video is by Irene Mall in Pretoria geskiet. “Dit is my heel eerste musiekvideo, so ek was so bietjie op my senuwees maar tog ook opgewonde. As jy eers die eerste paar tonele geskiet het, en jy eers in dit kom, dan gebeur die res natuurlik”, lag Armandt.   Armandt was ook bevoorreg genoeg om saam met 'n paar groot name te kon werk aan die video. Gerhard en Tania van Spheratical Production is bekend in die bedryf vir top gehalte produksies. Hulle is professioneel en bitter goed in wat hulle doen. Die werk wat hulle doen getuig daarvan.   Daar is 'n hele paar bekende gesigte te sien in die musiek video, onder andere Simoné Nortmann (beter bekend as Nadia van 7de Laan), San-Marie Nel en Marco Spaumer wat albei in die Afrikaanse film, As Jy Sing, te sien was.   Die konsep vir die video is eenvoudig en maklik, maar tog baie oorspronklik. “Toe ons die eerste keer na die liedjie geluister het, het die High School Musical tipe tema dadelik opgekom.  Met 'n bietjie "brainstorming" het ons besluit om die video as een lang storie te skiet waar Armandt werk as 'n assistent/kelner in 'n koffiewinkel. Hy dink die mooi meisie in die koffiewinkel het haar koffie vergeet. Hy hardloop agter haar aan om die koffie by haar uit te kry, maar aan die einde van die video is daar 'n bietjie van 'n "twist". In die hele storielyn is daar 'n paar snaakse oomblikke wat ons ingebring het. Baie mense sal ook aanklank vind by hierdie video – veral as jy al per ongeluk agter die verkeerde persoon aangehardloop het”, sê Gerhard.   Armandt is ook eerskomende Sondagaand op die program JAM op kykNET om 19h30 te sien waar hy meer vertel oor sy loopbaan as kunstenaar en waarmee hy besig is.  

Facebook:  https://www.facebook.com/ArmandtArtist  

Twitter: @Armandt_    

Alishia van Deventer
Starburst Promosies

Donderdag 25 September 2014

SEISOEN VAN VROU WEES   WERKSWINKEL

Vier Bekendes, Vriendinne, Vier Verhale, Vier Seisoene...van Vrou wees!  

Bekendes soos Nadia Beukes, Leandie du Randt, Valeska Muller en Ulricke Loubser span hul kragte saam om ‘n inspirerende werkswinkel vir dames aan te bied op 1 Oktober 2014 vanaf 3-7pm by die Atterbury Teater in Pretoria. Elkeen se tema is uniek om aan te pas by die verskillende seisoene van vrouwees.   In die dames se eie woorde: “Iewers op 'n stofpad, langpad, teerpad, het hierdie vier paaie gekruis. Dames, dromers en dienaars van God. Dis 'n  pad na hernuwing, herstel en na hoop...oppad na 'n plek waar ons, ons vrouwees kan vier!”  

Die werkswinkel sluit inspirerende praatjies deur al vier dames in asook ‘n middagete en ‘n lekker kuier saam met hulle.   Die Seisoen van Vrou wees werkswinkel word aangebied deur Mi iKon. Kostes beloop R450 p/p en kan bespreek word deur die www.miikon.com webwerf.  

Vir enige navrae kontak: info@miikon.com

Maandag 01 September 2014

Dinsdag 05 Augustus 2014

GEWILDE BOUWER BOSCH WYS GESIG AS AANBIEDER IN SPLINTERNUWE ASTV PROGRAM!

Die gewilde Bouwer Bosch
(Straatligkinders en Dans Dans Lisa), wat ook al gesig gewys het in die plaaslike fliek Klein Karoo kan vanaf 8 Augustus 2014 as aanbieder van die splinternuwe reis en gesels program, Agterpad, op ASTV (Afrikaanse Satteliet TV) gesien word. In Agterpad besoek Bouwer die Wes-Kaapse platteland en leer meer oor die gemenskap deur na die inwoners se stories en ervarings te luister.  Op hierdie persoonlike reis deel hy sy gedagtes met die kykers en vertel oor hoe die mense se stories hom inspireer.   
Daar word vanaf Wellington, die Taalmuseum in Paarl, Tulbagh, Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Koringberg, Riebeeck Kasteel, Piket Bo Berg, Goedverwacht en Aurora tot by Velddrif gekuier. “Bouwer is 'n liedjieskrywer wat bekend is vir sy eerlike en rou lirieke, so dit was 'n goeie kombinasie om hom te laat luister na mense se stories vir inspirasie. Die mense in die platteland bied ook kontras in vergelyking met wat hy as self erkende 'stadsjapie' gewoond is. Dit is ook van selfsprekend dat hy 'n gewilde persoonlikheid onder oud en jonk is”, so vir ons was Bouwer die ideale keuse as aanbieder vir hierdie program” – Corrie Uys – Vervaardiger                             

Agterpad begin op 8 Augustus om 19h30 op ASTV.  Kanaal 150 op StarSat en kanaal 151 op OpenviewHD.

ASTV Facebook: https://www.facebook.com/pages/Afrikaanse-Satelliet-Televisie-ASTV/191643584228319  

ASTV Twitter:  @AfrikaanseTV   ASTV Webtuiste:  www.astv.co.za

https://www.youtube.com/watch?v=P3GSfwebIOs

Vrydag 13 Junie 2014

DUBBEL GOUD VIR ADAM!  

ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant & Reynardt Hugo) se splinternuwe CD getiteld GOUD is onlangs vrygestel en het binne die eerste drie weke van vrystelling, Musica se Afrikaanse Top 20 op die Nr. 8 posissie betree en die 17de posisie op die Musica “Top 50 Charts” ingeneem.  Die titel GOUD was beslis ‘n voorbode want nou, skaars ‘n paar weke na die nuwe CD se vrystelling, het die verblydende nuus gevolg dat ADAM se tweede album, VIR JOU GEMAAK, pas goue status (20 000 eenhede verkoop) bereik het!  Dus, dubbel GOUD vir ADAM! Die eerste enkelsnit, Sal Oorlog Vir Jou Maak, vanaf ADAM se nuuste CD kraai al vir ses maande lank koning op top radiostasies se trefferparades in die land.  Hulle tweede enkelsnit, ook getiteld, GOUD, is pas aan radiostasies landswyd uitgereik en speel reeds die klankgolwe aan die brand.  Die musiekvideo van die tweede enkeslnitvrystelling sal ook eersdaags uitgereik word. ADAM het vroeër hiedie jaar die verhoog met die wêreldbekende Air Supply gedeel en sal ook te sien wees by Huisgenoot Skouspel Plus in die Kaap (Julie) en Huisgenoot Skouspel by Sun City(Oktober).  GOUD is uitgereik deur Luisternet Musiek en word versprei deur Next Music.  Die CD is nou landswyd beskikbaar by alle goeie musiekwinkels. 

Webtuiste:     www.adamband.co.za
Facebook:    https://www.facebook.com/adamgroep?ref=br_tf
Twitter:           @adamgroep

Dinsdag 22 April 2014

Die Windpomp

Die Windpomp
Webblad
http://www.diewindpompfilm.co.za/

Trailer
https://www.youtube.com/watch?v=GC68LxWK9J4&feature=youtube_gdata_player

Facebook
https://m.facebook.com/DieWindpompFilm

Die Storie

Daar's iets in die water...
Die Windpomp is 'n kleurvolle, humoristiese en "quirky" liefdesverhaal van 17-jarige Hendri wat op die voorstoep van sy seniele, teruggetrokke oupa in 'n aftree-oord beland. Sy wêreld bestaan binnekort uit tuinornamente, Bingo-aande en vreemde, bejaarde gedrag. Hendri word onder die vlerk geneem van gawe buurvrou, Tannie Marietjie, wie hom forseer om gereeld by haar huisie te kom bad ná 'n effense tragedie met Oupa se pype.Tydens ‘n stoute laat-aand sigaret sien Hendri vier donker figure wat geheimsinnig deur die aftree-oord se tuine nael. Hy besluit meteens om hulle agterna te sit en volg hulle tot in ‘n woud aan die buite randte van die klein dorpie, waar ‘n dam helder in die maanlig skitter. ‘n Masiewe windpomp reis vanuit die middel van die dam, waarin die figure oomblikke later plons. 'n Beeldskone meisie verskyn vanuit die donker woud en stel haarself voor – Margot gee ballet klasse vir kleuters tydens skoolvakansies. Hendri kan sy oë nie van haar afhou nie en die vriendskap wat met tyd tussen hulle ontwikkel groei tot baie meer as wat beide kon voorspel.Maar

Hendri se nuwe wêreld versteek baie meer geheime as wat hy kon raai…

Maandag 10 Februarie 2014

Joe Foster in Binneland

Joe Foster, die bekende musikant en nou solo-sanger wat eens deel was van ADAM, is genader om die Valentynsdag-episode van BINNELAND ‘n ekstra bietjie meer spesiaal te maak. Met sy eerste enkelsnit van die film met die gelyknamige naam PAD NA JOU HART wat op 14 Februarie 2014 landswyd in teaters gaan begin draai, het die skeppende denkers agter die skerms by BINNELAND besluit om te hoor of Joe nie daardie treffer vir die partytjiegangers in NAGSKOF sal kom sing nie. Joe het ingestem, en die opnames is tydens die laaste gedeelte van November 2013 gedoen by Stark Studios, die ateljees waar BINNELAND opgeneem word. Joe sal ook homself speel, wanneer Daleen Jonker (gespeel deur Desiré Gardner) haar bewonderaarshart net nie kan keer om die sanger in lewende lywe te sien nie, en haar man, Tertius Jonker (gespeel deur Reynardt Hugo) noodgedwonge kaartjies moet kry vir die geleentheid in NAGSKOF om vir vroulief tevrede te stel. Maar wanneer Joe en Daleen mekaar ontmoet, kan ‘n mens nie help om te wonder of daar tog ‘n sweempie van jaloesie oor die dokter spoel nie… Vir ‘n man wat sopas vir die tweede keer ewige trou aan sy geliefde verklaar het in 2013 nadat hy letterlik uit die ‘dood’ opgestaan het, is hierdie nie te dik vir ‘n daalder nie – veral nie as dit by die beeldskone en spontane Daleen kom nie. Kykers sal moet uitkyk vir die episodes waarin Joe Foster verskyn vanaf 14 Februarie 2014 van BINNELAND slegs op kykNET om te sien wat die uiteinde van die storie is… Die Pad na jou hart enkelsnit pryk tans op Nr.1 van talle trefferparades regoor Suid-Afrika.  Die musiekvideo van hierdie liedjie speel ook tans gereeld op talle TV kanale landswyd.

Dinsdag 28 Januarie 2014

Pad Na Jou Hart

Hoor julle dit? Ek hoor al die fliek begin, Almal lag almal huil en almal raak verlief op die liefde #14FEB tel die ure, minute en sekondes #VindJouWareNoord #Valentynsdag

'n jong, aantreklike en selfvoldane besigheidsman, se pa sterf hy het slegs vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom. Maar hy moet eers sekere take op hierdie reis voltooi voordat hy die suksesvolle familiemaatskappy sy eie kan noem.

Sal jy jou motorsleutel verruil vir skoene.

Dit was vinnig die moeite werd toe daar 'n pragtige dame in die pad staan en wag vir haar redder in die handgemaakte vellies

Die Film vat 'n wille draaipunt, Maar watter rigting.

Loer gerus in by 
Webblad: www.padnajouhartfilm.co.za
Twitter: @Padnajouhart
Facebook: Pad Na Jou Hart