Dinsdag 05 Augustus 2014

GEWILDE BOUWER BOSCH WYS GESIG AS AANBIEDER IN SPLINTERNUWE ASTV PROGRAM!

Die gewilde Bouwer Bosch
(Straatligkinders en Dans Dans Lisa), wat ook al gesig gewys het in die plaaslike fliek Klein Karoo kan vanaf 8 Augustus 2014 as aanbieder van die splinternuwe reis en gesels program, Agterpad, op ASTV (Afrikaanse Satteliet TV) gesien word. In Agterpad besoek Bouwer die Wes-Kaapse platteland en leer meer oor die gemenskap deur na die inwoners se stories en ervarings te luister.  Op hierdie persoonlike reis deel hy sy gedagtes met die kykers en vertel oor hoe die mense se stories hom inspireer.   
Daar word vanaf Wellington, die Taalmuseum in Paarl, Tulbagh, Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Koringberg, Riebeeck Kasteel, Piket Bo Berg, Goedverwacht en Aurora tot by Velddrif gekuier. “Bouwer is 'n liedjieskrywer wat bekend is vir sy eerlike en rou lirieke, so dit was 'n goeie kombinasie om hom te laat luister na mense se stories vir inspirasie. Die mense in die platteland bied ook kontras in vergelyking met wat hy as self erkende 'stadsjapie' gewoond is. Dit is ook van selfsprekend dat hy 'n gewilde persoonlikheid onder oud en jonk is”, so vir ons was Bouwer die ideale keuse as aanbieder vir hierdie program” – Corrie Uys – Vervaardiger                             

Agterpad begin op 8 Augustus om 19h30 op ASTV.  Kanaal 150 op StarSat en kanaal 151 op OpenviewHD.

ASTV Facebook: https://www.facebook.com/pages/Afrikaanse-Satelliet-Televisie-ASTV/191643584228319  

ASTV Twitter:  @AfrikaanseTV   ASTV Webtuiste:  www.astv.co.za

https://www.youtube.com/watch?v=P3GSfwebIOs

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking