Link vir video - http://youtu.be/TY4XtO3T4VA
Die skiet van die musiekvideo vir “Jou Net Liefhê” het oor 2 dae gestrek en al die verskillende tonele in die video is by Irene Mall in Pretoria geskiet. “Dit is my heel eerste musiekvideo, so ek was so bietjie op my senuwees maar tog ook opgewonde. As jy eers die eerste paar tonele geskiet het, en jy eers in dit kom, dan gebeur die res natuurlik”, lag Armandt. Armandt was ook bevoorreg genoeg om saam met 'n paar groot name te kon werk aan die video. Gerhard en Tania van Spheratical Production is bekend in die bedryf vir top gehalte produksies. Hulle is professioneel en bitter goed in wat hulle doen. Die werk wat hulle doen getuig daarvan. Daar is 'n hele paar bekende gesigte te sien in die musiek video, onder andere Simoné Nortmann (beter bekend as Nadia van 7de Laan), San-Marie Nel en Marco Spaumer wat albei in die Afrikaanse film, As Jy Sing, te sien was. Die konsep vir die video is eenvoudig en maklik, maar tog baie oorspronklik. “Toe ons die eerste keer na die liedjie geluister het, het die High School Musical tipe tema dadelik opgekom. Met 'n bietjie "brainstorming" het ons besluit om die video as een lang storie te skiet waar Armandt werk as 'n assistent/kelner in 'n koffiewinkel. Hy dink die mooi meisie in die koffiewinkel het haar koffie vergeet. Hy hardloop agter haar aan om die koffie by haar uit te kry, maar aan die einde van die video is daar 'n bietjie van 'n "twist". In die hele storielyn is daar 'n paar snaakse oomblikke wat ons ingebring het. Baie mense sal ook aanklank vind by hierdie video – veral as jy al per ongeluk agter die verkeerde persoon aangehardloop het”, sê Gerhard. Armandt is ook eerskomende Sondagaand op die program JAM op kykNET om 19h30 te sien waar hy meer vertel oor sy loopbaan as kunstenaar en waarmee hy besig is.
Facebook: https://www.facebook.com/ArmandtArtist
Twitter: @Armandt_
Alishia van Deventer
Starburst Promosies
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking